Produk en Diens
Protan Organiese Biostimulant
Wat is PROTAN?
PROTAN is ‘n
plantproteïenfermentaat vir groeistimulasie, biotiese- en abiotiese stresbestuur in gewasverbouing
PROTAN kan
as grond- of blaarbehandeling toegedien word.
PROTAN bestaan
uit 3 hoofkompinente: Fitohormone soos ouksiene & sitokiniene, L-aminosure en organiese sure.
PROTAN bevat
nie seewierekstrak, vishidrolisaat, visemulsies, of molasse nie.
Informasie
PROTAN Samestelling
Informasie
L-Aminosure
L-Aminosure is plantopneembaar. Dit dien as organiese bron van stikstof, en is noodsaaklike komponente van verskeie metaboliese prosesse in die plant.
Van die drie belangrikste aminosure is Triptofaan, Finielanalien en Tirosien. Hierdie aminosure versterk die immuunstelsel van die plant, lignienneerlegging en ander ander groeiprosesse.
Landbouchemie soos glifosaat, ryp, droogte, kunsmisbrand en ander stresfaktore versteur die sintese van onder andere hierdie 3 aminosure wat negatiewe gevolge kan hê.
Informasie
Fitohormone
PROTAN bevat 2 groepe natuurlike fitohormone nl. ouksiene en sitokiniene.
Informasie
Organiese sure
Organiese sure verhoog ‘n plant se immuniteit (salisielsuur/jasmoniese suur), kelering.
Fasiliteer die vervoer van mikroelemente in die plant (fulviensuur).
Informasie
Hoekom PROTAN ‘n unieke produk is
Die sinergie tussen die L-Aminosure, Fitohormone en organiese sure laat toe dat ons net 2-4l van die produk hoef te gebruik om die nodige resultate te kry.
Omrede daar fitohormone en organiese sure reeds in die produk is, is dit nie nodig om enige ander produk soos bv ‘n Kelp in te meng nie. Jy het reeds ‘n 3-in-1 produk.
Sou jy organiese sure en fitohormone, of ‘n Kelp addisioneel bysit, sal die prys van die mengsel die hoogtes inskiet.
PROTAN het ook Lactic acid in, wat ‘n groot rol speel in plantfisiologie itv die plant se stresbeheer en immuunstelsel.
– (Heidelberg)